Boran & Crossbreeding
[ Click here for the photo gallery ]

We have had many complements from commercial farmers, such as:

   “My Co-Op account has fallen drastically, since my Boran F1 females have come in to play”
   “I can’t believe how they keep condition through our tough winters”
   “It is unbelievable how they have no blue tics on them”
   “It’s the first animal I bring on to my farm and not give heart water and they survive”

... to name a few.

A letter from one of our early commercial breeders.

Hoekom kies ‘n boer, ‘n Boran?

‘n Paar jaar gelede, toe ek weggespring en begin boer het, het ‘n groot struikelblok op my pad gelê.  Ek het vreeslik gesukkel met bestandheid van bosluise teen aktiewe bestandele in dipstowwe.  Dit het tot groot verliese gelei en ek moes ‘n plan maak.

Ek het begin navorsing doen om ‘n ras te vind wat ‘n oplossing vir hierdie probleem kon bied.  Met die hulp van kundiges by Onderstepoort het ek in die Boran begin belangstel vanweë twee goeie redes:

   Afrikabeeste se vermoë om ‘n hoër  mate van immuniteit teen inwendige parasiete te ontwikkel (rooiwater, galsiekte en hartwater)
   Afrikabeeste se vermoë om nie ‘n geskikte gasheer vir bosluise te wees nie.

Daarom het ek as beginner boer in 1999, 6 SP Boran bulle teen ‘n vreeslike R10 000 elk by Tim Ralfe gekoop.

Vroeg in 2000 het ek by Tim Ralfe ook van sy halfkruis Boran speenossies gekoop.  Hierdie ossies was die produk van die eerste embrio bulle wat hy gepaar het met van sy kommersiële koeie.  Ek wou graag sien hoe die halfkruiskalwers in die voerkraal vaar.

Elke jaar in September was daar ‘n Vetveeskou by wit Umfolozi Ontspanningsklub, aangebied deur ons plaaslike Landbou Vereniging in die Vryheid distrik.  Dit was ‘n redelike groot vetveeskou en het in daardie tyd onder die 10 grotes in die land getel.  Dit was my doelwit om met die halfkruis Boran ossies te gaan spog en om vir die plaaslike boere hierdie unieke ras te wys.  Veral omdat ek toe so pas 6 SP Boran bulle gekoop het by Tim.

Op die hoef het hierdie korter, maar bonkige beeste die wenkbroue laat lig, maar nie juis hond haar afgemaak nie.

Die volgende oggend met die karkaskompetisie, was dit egter ‘n heel ander storie.  Ons het weggestam met die kampioen os, reserwe kampioen os en die beste groep van 4 osse.  Hierdie groep van 4 was ook daardie jaar onder die beste 4 landswyd.

Die daaropvolgende 2 jaar het ons dit weer reggekry.  Ons het elke keer die kampioen, reserwekampioen, en die bestegroep van 4 gewen met halfkruis Boran kalwers.  Wat belangrik is om te onthou, is dat dit nie eers ons beste kalwers was nie.  Ons beter kalwers het ons laat loop vir bulle.

Apie Kleyn van Kleynfaan Boerdery bedryf ‘n voerkraal net buite Vryheid.  Hy het van ons kalwers aangekoop om te voer en in 2002 die bestegroep van 4 gewen.

Na afloop van 2002 was daar nie weer veel deelname aan sulke karkaskompetisies nie.  Dit het gebeur omdat almal wat Boran kruiskalwers gehad het, hulle eerder terug gehou het om te gebruik vir bulle.  Hulle wou hulle dus nie laat slag nie!  Ek is van mening dat dit egter in die toekoms gaan verander soos wat die getalle toeneem en kommersiële boere Boran bulle begin gebruik vir kruisteling.

Attie Arnoldi, BEAUFORT WES

 
© 2012 - 2017 Boran Society of South Africa • Website Terms & Conditions